Nuus

Marné verteenwoordig BCVO in Nationale Bokkie Span

Marnê de Jager , ń leerling van CVO Gromar , is een van BCVO se eerste dogters wat in Desember 2017 ń groot geleentheid gekry het om netbal te gaan speel in London.

Marné was een van die BCVO se eerste dogters wat by bokkieweek gekies is om AVS oorsee te gaan teenwoordig.

Sy het saam met haar span vanaf die 4 de Desember tot die 14 de Desember in London gaan toer waar hulle 4 uit 6 wedstryde gewen het , een verloor het en een gelyk op gespeel het . Hulle het ook London vol getoer en baie van die stad se geskiedenis geleer.

Ons is baie trots en weet sy het BCVO se naam hoog gehou oorsee. Sy is ń voorbeeld en ń bewys dat daar geleenthede vir elke kind in CVO skole is .

Sy sê baie dankie vir al die borge , haar ouers, en almal wat ń bydrae gelewer het sodat sy aan die toer kan deelneem.

 

 

2017 BCVO Matriek Uitslae: 

 

Die CVO_kandidate van 2017 se IEB-eksamen het ‘n slaagsyfer van 100% behaal. Dit is ‘n verbetering op 2016 slaagsyfer van 98,4% asook 2015 se slaagsyfer van 95%. 

 

Altesaam het die 124 voltydse kandidate 125 onderskeidings verwerf. Hanru Schoeman van CVO Potgietersrus het 7 onderskeidings en Louis Boshoff van dieselfde skool het 6 onderskeidings asook een vir die gevorderde Afrikaans, dus het hy ook 7 onderskeidings behaal. JDP Bothma van CVO Dankbaar in Bloemfontein en BPJ Grobler van CVO Lichtenburg het elk 6 onderskeidings behaal. Etienne Fourie van Privaatskool Hoëveldrif vir CVO in Bethal het 5 onderskeidings behaal. 

 

Vyf candidate het vier onderskeidings behaal.

 

Schoeman is onder die algehele top 5% van IEB presteerders. Hy en Boshoff is onder die top 1% presteerders in Afrikaans Huistaal. Boshoff is ook onder die top 1% presteerders van IEB in Engels Eerste Addisionele Taal en Lewenswetenskap. Die beste presteerders in van die vakke kry op 12 Januarie 2018 tydens ‘n formele dinee erkenning vir hulle prestasies.

 

 

2017 Matriek Afskeid:

 

CVO Gromar se matriekafskeid 2017 was weereens ‘n spog geleentheid:

 

Die matrieks en hul metgeselle het vanaf 16:00 aan die gebruiklike modeparade, wat by die skool self gehou word, deelgeneem en kon almal sien hoe prentjiemooi elkeen van hulle was. 

 

Hulle is ontvang vir die spoggeleentheid deur die Graad 11 leerlinge by Marble Hall Gholfklub vanaf 18:00.

Die tema was “Parys” en die saal is baie swierrig versier.  Die kos was voorwaar uit die boonste rakke.  Die matrieks het tot laat saam gekuier, gedans en hul skoolloopbaan op luisteryke wyse afgesluit. Baie dankie vir die Gr. 11 wat baie hard gewerk het en baie moeite gedoen het vir die matrieks.

 

 

DIT GONS BY GROMAR

Wat 'n voorreg is dit nie om deel te wees van ons vooruitstrewende skool nie!
Die afgelope paar maande het ons talle positiewe vooruitgang en groei ervaar: ons dogters speel sedert verlede seisoen op professionele, opgegradeerde netbalbane. Ons B-rugbyveld is in wording, die nuwe pawiljoen is die afgelope naweek met Huissport ingewy, ons tennisbane is in aanbou, 'n pragtige, nuwe gebou het langs die sportveld sy staan gemaak. Ons eie koshuis op die terrein is ook binnekort in wording (te danke aan ons trustlede)!

Omdat ons 'n privaatskool is, is ons ouers self verantwoordelik vir die daarstel van hierdie fasiliteite. Die opofferings, entoesiasme en veral finansiele bydraes maak hierdie puik ontwikkelings moontlik. 'n Opregte dank aan almal betrokke se insette. "Ter wille van ons kinders"!

BCVO SKOLE SKAKEL IN BY IEB

Die BCVO beweging skakel vanaf hierdie jaar by die IEB eksamenliggaam in.  Op Vrydag 31 Januarie en Saterdag 1 Februarie het alle CVO skole 'n kursus van die IEB by Birchwood konferensiesentrum bygewoon ter inligting rakende hul eksamens en vakinhoud.

Duisende onderwysers het hierdie vakkursusse bygewoon en baie positief teruggekeer.  Die standaard van die IEB vraestelle is van hoogstaande gehalte en die onderrig is uit en uit daarop gebaseer om direk betrekking te hê op wat in die praktyk vereis word.  Ons mik dus daarop om 'n leerling na matriek die wêreld in te stuur wat gereed is vir die arbeidsmark.  So het ook die personeel van CVO Gromar hierdie kursusse van IEB bygewoon en teruggekom met nuwe insig vir die jaar wat voorlê.

Die IEB se eksamens word Internasionaal aanvaar en dus sal dit nie net moontlik wees vir skoolverlaters om in Suid Afrika alleen te gaan studeer nie, maar ook oorsee.

 

MARINETTE DOEN DIT WEER

 Een van CVO Gromar se 2013 matrikulante, Marinette Meyer, het haar Lewenswetenskappe laat hermerk en het 'n onderskeiding behaal.  Dit bring haar totale aantal onderskeidings op 4 te staan.  Gromar se matrieks het dus 'n totaal van 17 onderskeidings uit die 10 kandidate vir 2013 verwerf.  Baie geluk Marinette, jou ouers, onderwysers en skool is trots op jou! 

 

2013

KLOUTER KLITSIES VANG "GRAAD"

Klouter Klitsies Kleuterskool se graad 0'e het op 9 November volwaardig graad 0 geslaag.

Hierdie klein klitsies het baie trots hul sertifikate ontvang geklee in hul toga's en word bevorder na graad 1.  Baie geluk julle outjies en dankie juffrou Karlien vir jou harde werk.

Dankie aan elke betrokke ouer wat soveel belangstelling in ons land se toekomstige leiers toon!

 

 

 

CVO GROMAR HOU PRYSUITDELING

Op 9 November het Gromar hul jaarlikse prysuitdeling gehou waartydens al die gesogde toekennings en bekers waarvoor so hard gewerk is, uitgedeel is. Van die mees spesiale toekennings wat uitgedeel is die aand, was die volgende: 

Die top akademiese prestasies wat uitgelig is in graad 7 sowel as in graad 12 (DUX).

Victor en Victrix Ludorum vir atletiek in elke ouderdomsfase

Sportman en Sportvrou wat uitgewerk word op 'n puntetabel vir die sporte atletiek, netbal/rugby, Landloop, Skaak, Tennis, Krieket en Hokkie.

Kultuurskilde sowel as redenaar van die jaar in elke onderskeie fase

KLAS-leerling van die jaar wat slegs in gr 7 en gr 12 toegeken word gebaseer op Kultuur, Leierskap, Akademie en Sport. Hierdie toekenning word ook op 'n puntetabel uitgewerk.

Baie geluk aan elke leerling en hul ouers wat 'n toekenning ontvang het. Baie dankie aan al die ouers wat so getrou hul kinders ondersteun het om hierdie pragtige prestasies te kon behaal.

 Ons is waarlik trots op julle! Hier is foto's.