Kultuur 2012

NOVEMBER

NASIONALE TENNIS
Baie geluk aan die puik prestasie van die volgende drie spelers van Gromar: Jandre Terblanche S o/12 - 1STE, Marcelle Potgieter  D o/14 - 1STE, Ebert van der Ryst S o/ 10 - 3DE Ons is baie trots op julle!

SEPTEMBER

SA LANDLOOP
Die landswye byeenkoms het plaasgevind op 'n bibberende 15 September te Lekoa Lodge naby Villiers. Baie geluk aan al ons leerlinge met hul pragtige prestasies! Dogters: Reinette Nienaber (0/8) 5de plek, Mion Schoeman (0/12) 2de plek, Laurette Boshoff (0/15) 3de plek, Jacomien Bester (0/16) 5de plek, Minette Terblanché (0/17) 1ste plek Seuns: Werner Nienaber 0/6 4de plek, Charl Vosloo (0/8) 3de plek, Derik van der Ryst (0/8) 9de plek, Lean Vosloo (0/10) 2de plek, Ebert van der Ryst (0/10) 3de plek, Reinhard Nienaber (0/10) 4de plek, Jacques Vosloo (0/13) 2de plek, Nick Bester (0/15) 4de plek.
Die volgende leerlinge was deel van die spanne wat die spankompetisie tydens die SA Landloop gewen het: Reinette Nienaber 0/8, Werner Nienaber 0/6, Lean Vosloo 0/10, Ebert van der Ryst 0/10,Nick Bester 0/15. Om na die foto's te kyk, klik hier... 

LANDSWYE SKAAK
Baie geluk aan al die leerlinge wat aan die landswye skaakbyeenkoms deelgeneem het op 14 September te Brakpan. Hier is enkele uitslae: Derik van der Ryst (0/9) 4de plek, Jacques Vosloo (0/13) 4de plek, Laurette Boshoff (0/15) 6de plek, Bernard van Niekerk (oop span) 2de plek.
Die volgende leerlinge was deel van die spanne wat die spankompetisie tydens die SA skaak gewen het: Derik van der Ryst S 0/9, Ebert van der Ryst S 0/11, Lean Vosloo S 0/11, Laurette Boshoff D 0/15, Anrich van Niekerk S 0/15, Nick Bester S 0/15. Hier is foto's! 

GROMAR KRIEKETSPELERS PRESTEER
Die naweek van 7 en 8 September het die BCVO streke aan die Landswye Nasionale Krieketkampioenskappe te Lichtenburg gaan deelneem. Dit was die eerste keer dat daar ook 'n Nasionale mini-krieket toernooi plaasgevind het vir die 0/8-0/10 spanne. CVO Gromar se krieketspelers wat die OTvl-span verteenwoordig het, was Ebert van der Ryst, Lean Vosloo, Derik van der Ryst en Charl Vosloo. OTvl se 0/10 spannetjie het hulle goed van hul taak gekwyt deur twee van die drie wydstryde te wen, en dus as algehele oorwinnaars uit die stryd te tree. Ebert is ook aangewys as die beste 0/10 toernooi-speler. Die 0/13 OTvl-span het skoonskip gemaak deur al hul wedstryde te wen en sodoende vir die eerste keer die 0/13 Nasionale titel te verower. Die Gromar krieketspelers wat die 0/13 OTvl-spanverteenwoordig het was Jandré Terblanché, Monray Meyer en Jacques Vosloo. Monray en Jacques is voorts ook opgeneem in die BCVO Bokkieweek o/13 span, wat plaasvind vanaf 3-6 Oktober te Pretoria. Baie geluk en sterkte aan hierdie twee seuns! Hier is foto's van die toernooi. Klik hier om na die foto's van die gebeure te kyk!

OOS-TRANSVAAL TENNISKAMPIOENSKAPPE
Op Saterdag, 1 September 2012, het die tennisspelers van Gromar, Marmer, Carolina, Waterval en Hoëveldrif teen mekaar meegeding vir 'n plek in die onderskeie OTvl-spanne. CVO Gromar se jongste spelertjie was Quinton Eksteen, (0/7) wat meegeding het in die 0/10 afdeling. Gromar spelers wat deurgedring het na die Nasionale Kampioenskappe het soos volg presteer: Eerste plekke: Ebert van der Ryst (0/10), Jandré Terblanché (0/11), Nica Pretorius (0/12), David Viljoen (0/14) en Marcelle Potgieter (0/14). Tweede plekke: Elske du Toit (0/9), Lean Vosloo (0/10), Harmen Potgieter (0/13) en Nélia Viljoen (0/13). Derde plekke: Derik van der Ryst (0/8), Jacques Vosloo (0/13). Vierde plek: Joané Grobler (0/9).
Baie geluk aan al hierdie spelers wat deurgedring het. Sterkte vir die Nasionale Kampioenskappe wat gehou sal word op 19 en 20 Oktober te Middelburg.

Kyk hier na die foto's!

AUGUSTUS

LANDLOOP
Op Saterdag, 18 Augustus, het CVO Gromar se leerlinge gaan deelneem aan die OTvl Landloop kampioenskappe te Amajuba.Die landloopbaan was een van die moeilikste bane nog, aangesien die baan uitgemeet was teen die steiltes van die geskiedkundige Amajuba berg self. Bo en behalwe die moeilike baan het daar 'n ysige sterk wind gewaai.
Die volgende plekke is deur Gromar leerlinge behaal tydens die byeenkoms: Werner Nienaber (0/6) 3de, Derik van der Ryst (0/8) 3de, Charl Vosloo (0/8) 1ste, Reinhard Nienaber (0/10) 3de, Lean Vosloo (0/10) 2de, Jacques Vosloo (0/13) 1ste, Laurette Boshoff (0/15) 1ste, Nick Bester (0/15) 2de, Jacomien Bester (0/16) 2de, Suné du Toit (0/17) 2de en Minette Terblanché (0/17) 1ste.  Baie geluk aan hierdie leerlinge!

Sterkte vir die Landswye Landloopbyeenkoms wat sal plaasvind op 15 September te Greylingstad.

SKAAKLEERLINGE KRAAI KONING
Op Vrydag, 17 Augustus, het ons leerlinge gaan deelneem aan die OTvl Skaak-kampioenskappe te Volksrust.Ten spyte van die bitter koue het die leerlinge flink gedink en oor die algemeen baie goed gevaar. Hulle het ook by hierdie byeenkoms die voorreg gehad om mnr. Chris Greyling, toernooidirekteur en skrywer van die enigste afrikaanse skaakboek wat hy so pas uitgegee het, te ontmoet. Hy het van hierdie geleentheid gebruik gemaak om die kennis wat hy oor die jare opgedoen het, aan die leerlinge oor te dra en te demonstreer. Oom Chris het ook die kinders vermaak met interessante stories om sekere skaakskuiwe te memoriseer.

Die volgende leerlinge was wenners in hul onderskeie afdelings: Lean Vosloo (0/10) in die 0/11 afdeling, Jacques Vosloo by die 0/13's en Bernard van Niekerk in die Oop Span (0/16-0/19).

Leerlinge wat ook baie goed presteer het en opgeneem is in die OTvl skaakspanne, is: Derik van der Ryst (0/9), Lean Vosloo (0/11), Ebert van der Ryst (0/11), Heinrich van Niekerk (0/11), Jacques Vosloo (0/13), Walter Jacobsohn (0/13), Eloïse van Niekerk (0/13), Laurette Boshoff (0/15), Nick Bester (0/15), Anrich van Niekerk (0/15), Bernard van Niekerk (Oop span), Wilco Vermaak (Oop span), Yolandi van Niekerk (Oop span) en Jacomien Bester (Oop span).
Baie geluk aan hierdie leerlinge. Sterkte vir die Landswye Skaakbyeenkoms wat sal plaasvind op 14 September te Brakpan.

HOKKIE - CVO MARMER
Op 9 Augustus het Marmer 'n hokkie toernooi aangebied om sodoende Oos-Transvaal spanne te kies. 58 Spelers van Gromar is opgeneem en sal aan die Nasionale Hokkie Toernooi deelneem wat op 22 September te Gromar gehou word. Voortreflikste Jnr. Laerskool seun was Charl Vosloo, en Voortreflikste Snr. Laerskool dogter was Nica Pretorius. Sterkte met jul voorbereiding!

LANDSWYE REDENAARS
Ons wil baie geluk sê aan die 10 leerlinge wat deurgedring het tot die Landswye Redenaars wat op Vrydag 24 Augustus plaasgevind het. Die leerlinge het baie goeie punte behaal en kan spog met 2 – 1ste plekke en 4 – 2de plekke.Sophia Nieuwoudt (Gr. 10) behaal nie net ‘n 1ste plek in haar graad nie, maar is ook aangewys as die Trofeë wenner in die afdeling Gr. 10 tot Gr. 12. Baie geluk, Sophia!
Die 2 – 1ste plekke behoort aan Nica Pretorius (Gr. 6) en Sophia Nieuwoudt (Gr. 10); die 4 – 2de plekke aan Quinten Eksteen (Gr. 1); Derik van der Ryst (Gr. 2); Joané Grobler (Gr. 3) en Lize Grobler (Gr. 8);
Die ander 4 deelnemers wat kort op hul hakke was, is: Elské du Toit, Riaan Augostine, Jacques Vosloo en Marcelle Potgieter. Baie geluk aan al die leerlinge wat Gromar se naam landswyd kon hoog hou, veral die leerlinge wat ook onvoorbereid hul kant moes bring.
Wel gedaan!

KULTUURFEES
Verskeie leerlinge van CVO Gromar het op Saterdag 28 Julie 2012 deelgeneem aan die groot jaarlikse Afrikaanse Kultuurfees vir CVO skole gehou te Carolina.

Die deelname was in verskeie genres van die Afrikaanse Taal en Kultuur en het ingesluit: spreekkore, poësie (formeel en gedramatiseerd), prosa voordrag, monoloë, dialoë, samespraak, voorbereide- en onvoorbereide lees, asook sang en instrumentale musiek.Gromar se leerlinge het weereens uitgestaan en hulle onderskei in verskeie van die items waaraan hulle deelgeneem het. Die leerlinge het die beoordelaars van die ATKV en Raad van Afrikaanse beoordelaars beïndruk met hul goed voorbereide items.

Ons wil almal wat top prestasies behaal het, gelukwens met hulle deelname. Dankie aan die ouers van hierdie leerlinge vir hul getroue ondersteuning en harde werk. Voorwaar, Gromar het talent!

GROMAR LEERLINGE BOBAAS IN BYBELKENNIS
Gromar se Graad nege leerlinge ken die Bybel! Hierdie spannetjie van vier het eerste geëindig in hulle afdeling in die derde en finale rondte van die landwye Bybelkenniseksamen, deur op die lug met hulle teenstaanders van Lichtenburg af te reken. Hulle is Laurette Boshoff, Melinda Eksteen, Carien Wasserman en Jaco van der Westhuizen."Ons moes baie vinnig antwoord, daar is nie juis tyd om antwoorde met mekaar te bespreek nie," vertel Carien. "Ons het beurte gemaak om by die mikrofoon te sit, en dan vergeet jy soms om die knoppie te druk!" "Ons het baie punte verdien in die snelvuur afdeling, waar jy so vinning as moontlik vrae moet antwoord," verduidelik Jaco waar hulle sterk punte is.

Leerlinge moes kwalifiseer in die eerste twee rondtes deur vraestelle te skryf, en slegs die bestes word dan uitgenooi vir die uitkloprondte by Radio Pretoria. Vier spanne van Gromar het hierdie jaar deurgedring vir die radio uitsendings.Die Graad 11 en Graad 8 spanne het beide tweede geëindig in hulle afdelings, en die Graad 10 span sal op 31 Julie opgeneem word.

 

 

 

V.L.N.R: Melinda Eksteen, Carien Wasserman,Laurette Boshoff & Jaco van der Westhuizen

 

 

  

OOS-TRANSVAAL REDENAARS
Algehele wenners in 2 van die 4 afdelings was: Riaan Augostine Gr 4-6 & Lize Grobler Gr 7-9
Vyf eerste plekke, 4 tweede plekke en 3 derde plekke is algeheel behaal.
Hoërskool: Lize Grobler (1ste), Sophia Nieuwoudt (1ste), Marcelle Potgieter (2de) en Elid Grobler (2de)
Laerskool: Derik van der Ryst (1ste), Riaan Augostine (1ste), Jacques Vosloo (1ste) Joané Grobler (2de), Nica Pretorius (2de), Quinton Eksteen (3de) Elske du Toit (3de) en Ebert van der Ryst (3de).
Hier is foto's van die deelnemers!