Klouter Klitsies Kleuterskool

Die onderwyseresse is betroubaar en ‘n gedugte span met jare se ondervinding en kwalifikasies en noodhulpkursus sertifikate. Opknappings kursusse word ook gereeld bygewoon.

Missie

Om die kleuter geestelik, verstandelik en liggaamlik voor te berei vir die wêreld daar buite.

Visie

Om elke kind wat deur ons versorg word, ‘n liefdevolle gebalanseerde en suksesvolle volwassene te maak met ‘n goeie selfbeeld. Ons vertrou en respekteer mekaar en kommunikeer openlik.

Individuele aandag word met liefde en begrip en deernis, volgens sy of haar eie behoeftes gebied. Ons bied gesonde, konstruktiewe spel en ontspanning vir u kleuter. Genoeg vryspel sodat u kind kan fantaseer en sosialiseer.

Uitsonderlike kurrikulum

Abakus word daagliks aangebied.
Ons Gr.0 Klitsies presteer in sport en Kultuur.
Exito – arbeidsterapie program word van baba’s tot Gr.0 weekliks aangebied.

Ons fokus op:

  • Persoonlik, sosiaal en emosionele ontwikkeling
  • Kommunikasie, klank en taal
  • Probleemoplossing, redenering en gesyferdheid
  • Kennis van die kind se wêreld
  • Fisiese ontwikkeling
  • Kreatiewe denke
 
Speelterrein
 
Goed versorgde grasperk, sandput, padverkeersbaan, swaaie, boomklim bome, speelapparate, pophuis en vele meer.

Jaarliks word ‘n konsert aangebied.

Ander aktiwiteite:

Monkeynastixs, Playball, Swem en Compu-kidz