Atletiek

Stappe van Prestasie:

  • Huissport
  • Noord-Streek
  • Oos-Transvaal
  • SA’s

CVO Gromar beplan self byeenkomste op interhuisvlak, maar die BCVO-Sportraad reël en koördineer sportaktiwiteite op streeks- en landswye vlak. Sportaktiwiteite sluit die volgende sportsoorte in; rugby, netbal, atletiek, landloop, swem en tennis. Nuwe sportgeriewe by die skool wat ‘n atletiekbaan, rugbyveld en netbalbaan insluit word beplan. Daar word gepoog om aan elke kind die geleentheid te gee om aan sport deel te neem. Hierdie blootstelling gee aan ons leerlinge toegang om op die hoogste vlak deel te neem.

 

HUISSPORT 2019

CVO Gromar en CVO Marmer het Saterdag 19 Januarie hul huissport op die velde van CVO Gromar aangebied.

Victor Ludorm 0/6 tot 0/9:        Juan Janse van Rensburg
Victrix Ludorm O/6 tot O/9:       Meané van Staden
Victor Ludorm O/10 tot O/13:   Werner Nienaber
Victrix Ludorm O/10 tot O/13:   Jurien Janse van Rensburg
Victor Ludorm O/14 tot O/16:   Hennie Hancke
Victrix Ludorm O/14 tot O/16:   Karmie Janse van Rensburg
Victor Ludorm O/17 tot O/19:   Lean Vosloo
Victrix Ludorm O/17 tot O/19:   Marga Genis

Klouter Klitsies Huissport 2019

Bosveldbyeenkoms 2019

Oos Transvaal 2019