Vir Ouers

Maak jou kind boelie-bestand!


My hart het geskeur as my kind soggens by die skoolhek moes insluip omdat hy die boelies by sy skool vrees,” vertel Ina van Wilropark, Pretoria. Sy gebruik ’n skuilnaam op aanbeveling van sy sielkundige. “Dit sal hom net ’n verdere teiken maak [indien hy geïdentifiseer word],” sê sy.

Haar gr. 7-seun loop nou al maande lank onder ’n groep boelies by die skool deur oor sy welige rooi krulhare en sproete. In Brittanje staan dié soort optrede teenoor rooikoppe as gingerism bekend.

Hy is volgens een Amerikaanse studie waarskynlik een uit vier kinders in sy skool wat op een of ander manier geboelie word. Boonop wys ’n studie by die Yale-universiteit (waarin 37 studies saamgevat is) dat ’n geboelie by skole, saam met dissiplinêre probleme, wêreldwyd aan die toeneem is.

Maar as jou kind geboelie word, hoef hy nie langer ’n slagoffer te wees nie. Hy kan die situasie oorwin en ’n selfgeldende individu raak, glo opvoedkundige sielkundige Tania Holz van die Oos-Rand.

Kliek hier om meer te lees...

 

10 Gebooie vir ouers

  1. My hande is klein; moenie perfeksie verwag wanneer ek my bed opmaak, ‘n prent teken of ‘n bal gooi nie. My bene is kort; loop asseblief stadiger sodat ek kan byhou by jou.
  2. My oë het nog nie die wêreld aanskou soos jou oë het nie; laat my asseblief toe om veilig te verken. Moenie my onnodig inperk nie.
  3. Huiswerk sal vir altyd daar wees. Ek is net vir ‘n kort tydjie klein; maak asseblief tyd om hierdie wonderlike wêreld aan my te verduidelik en doen dit asseblief gewilliglik.
  4. Ek is fyngevoelig; wees asseblief sensitief vir my behoeftes ook. Moenie heeldag oor my kla nie. (Jy sou nie daarvan gehou het om heeldag aangespreek te word oor jou nuuskierigheid nie). Behandel my asseblief soos wat jy behandel wil word.
  5. Ek is ‘n spesiale geskenk van God; bewaar my asseblief soos wat God sou wou hê jy moes, hou my verantwoordelik vir my dade, gee my riglyne waarvolgens ek moet lewe en disiplineer my op ‘n liefdevolle manier.
  6. Ek het jou aanmoediging nodig om te groei. Probeer asseblief om my nie te veel te kritiseer nie; onthou, jy kan die dinge wat ek doen kritiseer sonder om my persoonlik te kritiseer.
  7. Gee asseblief vir my die vryheid om besluite rakende myself te maak. Laat my toe om soms te misluk, sodat ek kan leer uit my foute. Dan sal ek eendag toegerus wees om die regte besluite te maak wanneer die lewe dit van my vereis.
  8. Moet asseblief nie iets wat ek gedoen het, oor doen nie. Dit laat my voel dat my pogings nie heeltemal voldoen het aan jou standaarde en verwagtings nie. Ek weet dit is moeilik, maar probeer asseblief om my nie te vergelyk met my broer of suster nie.
  9. Moet asseblief nie bang wees om as ouers vir ‘n naweek saam weg te gaan nie, sonder kinders. Kinders het tyd weg van hul ouers af nodig, net soos ouers tyd weg van hulle kinders af nodig het. Behalwe dit, is dit ook ‘n goeie manier om vir ons as kinders te wys dat julle jul huwelik as iets spesiaals beskou.
  10. Neem my asseblief gereeld kerk toe, stel vir my ‘n goeie voorbeeld wat ek kan volg. Ek wil graag meer weet en leer van God.

Hoekom moet ek lees?

As ‘n opgeskote tiener my vra waarom hy nou eintlik moet lees, het ek vir hom of haar ‘n handvol antwoorde. “Kyk na jou hand; daarin lê die vyf redes waarom, jy behoort te lees. Jy lees vir intelligensie, vir inligting, vir interessantheid, vir inspirasie en vir insig.”

Kliek hier om meer te lees...

Leer jou kinders om lief te wees vir lees en studie.

Daar is min strewes met groter potensiaal om jou kinders se toekoms te vorm as om hulle te leer lees en studeer. En hoeveel vreugde kan hierdie bedrywighede tog verskaf! Party mense se aangenaamste herinneringe aan hulle kinderdae is dié van hulle ouers wat vir hulle lees. Lees op sigself kan aangenaam wees, en so ook die resultate daarvan. Dit geld veral vir knegte van God, aangesien geestelike groei grootliks bevorder word deur Bybelstudie. Een Christenouer het gesê: ...

Kliek hier om meer te lees...