Vir Leerlinge

Wees boelie-bestand!


My hart het geskeur as my kind soggens by die skoolhek moes insluip omdat hy die boelies by sy skool vrees,” vertel Ina van Wilropark, Pretoria. Sy gebruik ’n skuilnaam op aanbeveling van sy sielkundige. “Dit sal hom net ’n verdere teiken maak [indien hy geïdentifiseer word],” sê sy.

Haar gr. 7-seun loop nou al maande lank onder ’n groep boelies by die skool deur oor sy welige rooi krulhare en sproete. In Brittanje staan dié soort optrede teenoor rooikoppe as gingerism bekend.

Hy is volgens een Amerikaanse studie waarskynlik een uit vier kinders in sy skool wat op een of ander manier geboelie word. Boonop wys ’n studie by die Yale-universiteit (waarin 37 studies saamgevat is) dat ’n geboelie by skole, saam met dissiplinêre probleme, wêreldwyd aan die toeneem is.

Maar as jou kind geboelie word, hoef hy nie langer ’n slagoffer te wees nie. Hy kan die situasie oorwin en ’n selfgeldende individu raak, glo opvoedkundige sielkundige Tania Holz van die Oos-Rand.

Kliek hier om meer te lees...

 

'n Gebed vir die eksamentyd


O bron van alle ware wysheid en kennis,
Gee aan my in hierdie tyd u vrede –
Die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan;
Versterk my en skenk aan my kalmte onder die druk;
Wees nou in my hart sodat ek rustig en bedaard kan wees terwyl ek verantwoording doen;
Wees in my oë sodat ek met onderskeiding sal kan lees en verstaan;
Wees in my hande om hulle sterk te maak en ferm vir die oordra van my verworwe kennis;
Wees in my gedagtes, sodat ek hulle kan orden en sal kan weergee wat ek geleer het.
Dankie vir almal wat in liefde aan my dink en vir my bid.
Wees in hierdie tyd vir my elke dag die weg, die waarheid en die lewe,
deur Jesus Christus, my verlosser en saligmaker.
Amen.

Skoollied


By vrugbare grond, waar geil oeste staan, en Olifants, Elands en Moses ‘n baan, Kronkel en streep, bo van Loskop se hek, oor Marmerwitklip na Arabiedam strek.

Hier is Gromar ons trots, vir die toekoms ons plek.

Dis hier waar ons trots, met vertroue kan leer, ons volk se kultuurskat en taal te kan eer. Hier word die ouerbelofte voltrek, dat kerk, huis en skool tot Gods eer sal strek, by Gromar ons trots, vir die toekoms ons plek.

Refrein:

Gromar Landbou Akademie, waar ons werk, glo en wen
Met die lig van kennis leer ons, die landbou-akkers ken.

Loerierkrans as oorwinnaarskroon, Gods Woord ons grondgebod.
Ons werk, ons glo, ons wen, vir ‘n hoër diens in God.
Ons werk ons glo, ons wen, vir ‘n hoër diens in God.

Voorkoms:


Kleredrag Reëls

Dit is ‘n voorreg om ons skooldrag te dra en ‘n netjiese voorkoms is ‘n tradisie van ons skool. Eenvormigheid en netheid dra ‘n positiewe beeld uit en kweek trots by elke leerling en ondersteuners.

Slegs in die winter mag leerlinge elke Vrydag ‘n Oos-Transvaal sweetpak ( rooi hempie ). Die Nasionale sweetpak ( wit hempie ) of die skool sweetpak ( wit hempie ) aantrek.

Hoërskool Dogters: Somersdrag:

Wit skoolhemp, navy romp, kort navy sokkies en swart skoolskoene.

Graad 12 Dogters: Somersdrag:

Matriek skoolhemp, navy romp, kort navy sokkies en swart skoolskoene.

Hoërskool Dogters: Wintersdrag:

Wit hemp, skooldas, navy V-nek trui, skoolbaadjie, navy langbroek, navy skoolkouse en swart skoolskoene.

Graad 12 Dogters: Wintersdrag:

Wit hemp, goue skooldas, navy V-nek trui, skoolbaadjie, navy romp, navy langkouse en swart skoolskoene.

Hoërskool Seuns: Somersdrag:

Wit hemp, kort navybroek, navy lang skoolkouse en swart skoolskoene.

Hoërskool Seuns: Wintersdrag:

Wit hemp, skooldas, navy V-nek trui, skoolbaadjie, navy langbroek, navy lang skoolkouse en swart skoolskoene.

Graad 12 Seuns Wintersdrag:

Matriek hemp, goue skooldas, navy V-nek trui, skoolbaadjie, navy langbroek, navy lang skoolkouse en swart skoolskoene.

Graad 12 Seuns Somerdrag:

Matriek hemp, goue skooldas, navy kort broek, navy lang skool kouse en swart skool skoene.

Graag 5 tot 7 Dogters: Somersdrag:

Wit hemp, navy romp, kaalvoet of kort navy skoolkouse en swart skoolskoene.

Graad 5 tot 7 Dogters: Wintersdrag:

Wit hemp, navy langbroek, navy V-nek trui, navy skoolkouse en swart skoolskoene, Navy skool baadjie of skool sweetpak baadjie.

Graad 5 tot 7 Seuns: Somersdrag:

Wit hemp, navy kort broek, kaalvoet of navy skoolkouse en swart skoolskoene.

Graad 5 tot 7 Seuns: Wintersdrag:

Wit hemp, navy langbroek, navy V-nek trui, navy skoolkouse en swart skoolskoene, Navy skool baadjie of skool sweetpak baadjie.

Graad 1 tot 4 Somersdrag:

Seuns: Wit hemp met navy blou kort skoolbroek. Dogters: Wit hemp met navy skool rompie. Kaalvoet of navy skool kouse met swart skool skoene. 

Graad 1 tot 4 Wintersdrag:

Wit hemp met navy langbroek, navy skool kouse en swart skool skoene, Navy V-nek trui en Skool sweetpak baadjie. 

Tasse:

Netjiese, standaardgrootte tasse met afskortings word gebruik. Skouersakke of graffiti op die tasse is ontoelaatbaar.

Hare en Algemene Voorkoms:

‘n Leerling se hare is skoon, netjies en goed versorg. Seuns se hare moet kort gedra word. ‘n No. 4 knipper is die norm. Die volgende is onaanvaarbaar:

  1. Die hare in ‘n “step” gesny
  2. Kuiwe wat oor die wenkbroue hang
  3. Te lang hare bo-oor die ore of kraag
  4. Kleur of gel van hare

Dogters se hare wat oor die kraag hang moet ten alle tye netjies vasgebind wees. Kleur en karteling van hare is onaanvaarbaar. Kuiwe moet kort wees of vasgesteek met knippies.

Hoërskool en laerskool dogters gebruik wit of navy blou rekkies en linte. Geen ander kleure is toelaatbaar nie.

Hoërskool en laerskool dogters mag slegs die standaard bruin, navy blou en silver haarknippies gebruik. Geen ander kleure is nie toelaatbaar nie. Geen blomme in die hare nie!!!

Juwele

Geen hangertjies, armband of enige tipe ring op enige deel van die liggaam. Slegs seëlringe en  stel knoppies of ringetjie oorbelle in die onderste deel van die oorlob.

Juwele sal by leerlinge afgeneem word en sal eers aan die einde van die kwartaal teruggegee word. Ons vertrou dat u sal toesien dat u kind daaglikse volgens reëls skool toe kom.

Bogenoende reëls dra by tot die dissipline en so bou ons ‘n gesonde kultuur in ons skool wat gehandhaaf en bevorder word.